Olga Kirsch

No. 84 / Noviembre 2015



Sarel Jacob Pretorius
D. P. M. Botes
T.T. Cloete
Elizabeth Eybers
Olga Kirsch
D. J. Opperman
Rudolph Willemse
Vincent Oliphant

Clinton du Plessis
Pieter Uys
Antjie Krog
Ingrid Jonker
Breyten Breytenbach
Ian Wiltshire
Johan Myburg
Daniel Hugo

Olga Kirsch
(Koppies, 1924 - Tel Aviv, 1997)


Synaam was Sasha…

Sy naam was Sasha. Ek het hom weer onthou
vanmiddag toe ek strandgoed huis toe bring
van die see, en op die stoep gehurk ’n kring
waterglad klippe om ’n plantpot skaar.

Sasha … Hy was glo offisier in die tsaar
se leërmag.  Daarvoor het hulle hom vyf jaar
in die tronk gestop.  Tanja, sy Joodse vrou,
’n dokter, het hul ook ’n jaar gehou
in die gevangeskap (dit was ’n fout
het hul haar later meegedeel).
                                             Reeds oud
kom hulle hier.  Sy hart was nie meer sterk
maar hy het aldag in die tuin gewerk,
die aarde glad en kluiteloos gestreel,
paadjies gemaak en onder om die steel
van elke struik, ’n kring wit klippies – werk
van ’n gevangene.
                           Later moes hy maar lê.
Ons het kom kuier, daar is min gesê,
ons praat nie Russies nie.  Maar hy’t my naam
- roeskoja imja – saggies met ’n skaam
glimlag mymerend herhaal.
                                           Hy het gesterf
en is begrawe in die wye erf
van die Russiese Kerk in Jaffa – eiendom
van die U.S.S.R. in die Heilige Land -
waar Tanja steeds op sy gedenkdag kom.
Wat sy verhaal beteken, weet ek nie
maar wou sy naam ’n oomblik in ons tyd
van waansin en wraak ontruk aan die vergetelheid.

                                                                                                               (1972)





Se llamaba Sasha

Se llamaba Sasha. Lo volví a recordar, esta
tarde al traer para casa unas cosas del mar,
y acuclillada en el patio acomodaba en círculo
unas rocas resbalosas en torno a una maceta.

Sasha. Era, creo, oficial del ejército del zar,
y por esa causa estuvo cinco años en la cárcel.
A Tania, su esposa judía, también la metieron presa un año
(esa –le dijeron mas tarde- había sido una equivocación)
                                                            De viejos
se establecieron aquí. Su corazón ya no resistía
pero él trabajaba cada día en el jardín,
acariciando la tierra hasta dejarla lisita y sin grumos,
demarcando senderos y colocando alrededor de
cada arbusto un redondel de rocas blancas – una labor de
preso.
                                                          Al final quedó postrado
y cuando íbamos de visita nos decían:
“no hablamos más el ruso”, pero repetía mi nombre
-ruskoiaimia – con suave añoranza y sonriendo
avergonzado.
                                                          Murió y fue
enterrado en el vasto campo santo
de la Iglesia Rusa de Jaffa –propiedad
de la URSS en Tierra Santa–
y cada año en su día, Tania lo visita.

           La verdad que no sé qué significa su historia,
pero en estos tiempos de demencia y desquite –quise
arrancar por un instante su nombre a la desmemoria.