![]() |
Ingrid Jonker |
No. 84 / Noviembre 2015 |
Ingrid Jonker (Douglas, 1933 - Drieankerbaai, 1965) My pop val stukkend Die skaduwee waarsku die straat geslinger uit ‘n hoë balkon deur die skaars jakarandas van die lug die skaduwee waarsku die son deur die lied van die penniefluitjies geval op die dreunende straat my pop met ‘n naam soos ‘n liggaam wat net soos ‘n mens kon praat My pop soos ‘n mossie geskiet korrel-kaal van die vensterbank of was dit die wind uit die verte of was dit my eie hand My pop het geval toe die son sy brons klok lui uit die lug toe die wolke die mure wit kalk val die skaduwee daarin terug Die skaduwee waarsku die son porselein met die ver lug bo – as ek sou val uit ‘n hoë balkon as ek sou breek lyk ek ook só Cae mi muñeca y se rompe La sombra le advierte a la calle revoleada desde un alto balcón por el cielo de escasos jacarandás la sombra le advierte al sol por entre el silbido del afilador cae contra la calle que retumba mi muñeca con nombre de cuerpo que sabía hablar como persona Mi muñeca bajada de un tiro limpiamente arrebatada de la cornisa o acaso fue el viento lejano o acaso mi propia mano Mi muñeca se cayó cuando el sol hizo sonar su campana de bronce cuando las nubes blanquearon las paredes la sombra se replegó La sombra le advierte al sol de porcelana con el cielo lejano por arriba – si yo cayera de un alto balcón si yo me rompiera, ¿me vería así? Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga Die kind is nie dood nie die kind lig sy vuiste teen sy moeder wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide in die lokasies van die omsingelde hart Die kind lig sy vuiste teen sy vader in die optog van die generasies wat Afrika skreeu skreeu die geur van geregtigheid en bloed in die strate van sy gewapende trots Die kind is nie dood nie nòg by Langa nòg by Nyanga nòg by Orlando nòg by Sharpville nòg by die polisiestasie in Philippi waar hy lê met 'n koeël deur sy kop Die kind is die skaduwee van die soldate op wag met gewere sarasene en knuppels die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings die kind loer deur die vensters van huise en in die hartevan moeders die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld Sonder 'n pas Maart 1960 Ese pequeño que fue muerto a tiros por los soldados en Nyanga [En los tiempos del apartheid, los no-blancos solamente podían transitar por la vía pública si iban acompañados por un blanco, o si llevaban un salvoconducto firmado por un blanco, un “pase”] El chico no está muerto no el chico alza los puños hacia su madre que grita África grita el aroma de libertad y campo abierto en las moradas del corazón sitiado El chico alza los puños hacia su padre en la procesión de las generaciones que gritan África gritan el aroma de justicia y de sangre en las calles de su orgullo armado El chico no está muerto ni en Langa ni en Nyanga ni en Orlando ni en Sharpeville ni en la comisaría de Philippi donde yace con un balazo en la cabeza El chico es la sombra de los soldados de guardia con fusiles y cachiporras el chico está presente en todas las reuniones y legislaturas el chico espía por las ventanas de las casas y los corazones de las madres el chico que quería jugar al sol en Nyangaestá en todas partes el chico que ya es un hombre atraviesa toda África el chico que ya es un gigante viaja por todo el mundo Sin pase Marzo 1960 |